Polisie waarsku weer teen blouligbendes in Mpumalanga

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer. Hulle sê dat werklike wetstoepassers jou sal toelaat om tot by ‘n veilige plek te ry om af te trek, as hulle jou stop. Hulle vra ook dat motoriste dit aanmeld wanneer hulle verdagte konfrontasies op die provinsie se paaie sien gebeur. ‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Magonseni Nkosi, waarsku motoriste om veral op die N2, N3, N4, N11 en N17 versigtig te wees.
1 Mar 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min