Episode 3: In saamloop lê hoop

Loading player...
Nie net ons land is stukkend nie. Ook binne die kerk is daar stukkendheid. Daar is gemeentes wat sê hulle maak hulle los van strukture soos die Algemene Sinode, ringe en streeksinodes maar hulle wil NG Kerk bly. Ons gesels hieroor met Jan Lubbe, ’n NG dominee van Bloemfontein en tans voorsitter van die Algemene Sinode van die NG Kerk.
Hy vertel ondermeer hy hoop dat as kerk ons maniere sal vind om tog die pad saam te loop want ons land het dit nodig, veral nou. Hierdie gebeure het ruim lugtyd gekry by die afgelope vergadering van die Algemene Sinode Moderamen. Tydens die geleentheid het die Taakspan Regte ook terugvoering gegee oor die regsgeldigheid van die “aktes van opskorting” wat van hierdie gemeentes ingedien het. In ’n tweede insetsel vertel Lubbe ook hieroor meer. Dan luister ons ook na ’n uittreksel van ’n gesprek met dr Zander van der Westhuizen van NG Gemeente Tygerpoort waar hulle glo ook hulle geboue moet, nie net Sondae nie maar heel week, werk in belang van, nie net die gemeente nie, maar die gemeenskap.
29 Feb 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min