Waarskuwing oor veedief wat vanuit tronk swendel

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Veediefstal eenheid waarsku veeboere om op hul hoede te wees vir ‘n misdadiger wat weer besig is om vee aan te koop of te verkoop en hy reel selfs vervoer. Hierdie persoon gebruik ‘n Afrikaanse naam en van en praat baie goed Afrikaans. Hy vermom hom asof hy ‘n ouer persoon is en gee voor dat hy nie presies weet hoe om te werk te gaan nie. Boere word gevra om onder geen omstandighede diere te lewer voordat die betaling nie in die bankrekening wys nie. Indien jy ‘n oproep van hierdie persoon ontvang, skakel jou naaste veediefstal eenheid. Veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, Isabel Kruger, verduidelik wat die verdagte se modus operandi is…
27 Feb 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min