Besware oor toename in misdaad in Middelburg

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê misdaad raak buite beheer in die middedorp van Middelburg weens Steve Tshwete-munisipaliteit se versuim om hul eie ordonanse te polisieër. Raadslid, Damien Klopper, sê die toename in misdadige aktiwiteite sluit in openlike dwelmgebruik en prostitusie. Hy sê skoolkinders in Rietkuil word in gevaar gestel deur mense wat in die openbaar drink. Volgens Klopper demonstreer dit swak regering en laat dit kommer ontstaan oor die veiligheid van inwoners.
27 Feb 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min