21ste Savanna-konferensie eersdaags in Skukuza

Loading player...
Die Krugerwildtuin sal vanaf 3 Maart wetenskaplikes en navorsers van regoor die wêreld verwelkom vir die jaarlikse Savanna Wetenskap Netwerk-vergadering in Skukuza. Dit is die 21ste jaar dat die vier-dag konferensie aangebied word. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê hulle verwag 208 afgevaardigdes van 80 organisasies uit 25 lande. Ekologiese kwessies sal bespreek word, met maatskaplike uitdagings soos kulturele erfenis, wildlewe misdaad en konflik tussen mens en dier wat vanjaar ook op die agenda is.
27 Feb 2024 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min