Twee broers dood in skietery by drankwinkel in Calcutta

Loading player...
# Twee broers is dood en nog twee mense gewond tydens 'n skietery by 'n drankwinkel in Mantangaleni-trust by Calcutta Vrydagaand. Die broers van 25- en 30-jaar-oud is noodlottig gewond, terwyl ‘n 35-jarige vrou en ‘n 29-jarige man in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Magonseni Nkosi, het onbekende aanvallers op die slagoffers losgebrand. Hulle het ‘n vuurwapen by een van die oorledenes afgeneem. Die motief agter die skietery is nie bekend nie.
26 Feb 2024 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min