Boere hoor vandag oor borgtog na twee mans verdwyn

Loading player...
Twee mans hoor vandag in die Evander-landdroshof of hulle borgtog toegestaan is. Hermanus De Laray, ‘n plaaseienaar, en William Underhay, ‘n plaasbestuurder, is in Januarie gearresteer op aanklagte van moord en regsverydeling. Dit volg op die verdwyning van twee mans verlede Mei op hul plaas in die Leslie-omgewing. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle glo die beskuldigdes het die mans wat een aand op hul plaas gejag het, doodgeskiet en van hul liggame ontslae geraak.
20 Feb 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min