DA dreig met regsaksie na nog 'n huis in Barberton afbrand

Loading player...
Die DA dreig met regsaksie teen Mbombela om die munisipaliteit te forseer om minimum-branddienste aan Barberton te lewer. Dit volg na nog ‘n huis Saterdagaand in Emjindini tydens ‘n brand verwoes, en twee mense gehospitaliseer, is. DA-raadslid Philip Minnaar sê die Mbombela-brandweer het twee ure later eers opgedaag. Hy sê die volgehoue tekort aan brandweerdiense aan Barberton word vererger deur die ANC-beheerde stadsraad se weiering om ‘n brandweerwa in die dorp te stasioneer.
20 Feb 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min