Mpumalanga trek vermeende huisrowers van KwaZulu-Natal naby Volksrust vas

Loading player...
Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die interprovinsiale samewerking tussen beamptes geloof wat daartoe gelei het dat drie vermeende huisrowers in Mpumalanga aangekeer is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes is in die vroeë-oggendure van Woensdag naby Volksrust gearresteer. Hulle was glo in besit van ‘n voertuig wat in Newcastle, KwaZulu gesteel is, sowel as ‘n onwettige vuurwapen.
16 Feb 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min