Vrou wat Delmas laerskool glo besteel verskyn in hof

Loading player...
’n 52-jarige finansiële beampte by ‘n laerskool in Delmas het gister in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Larrisa Aloma Vern tussen Maart en November verlede jaar meer as 2-miljoen-Rand uit die skool se bankrekening na haar eie private rekeninge oorbetaal. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê sy het die name van rekeninghouers wat aan die skool bekend is, gebruik om die transaksies te verdoesel. Sy bly in aanhouding tot sy Maandag om borgtog kan aansoek doen.
13 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min