Eskom-tegnikus gearresteer vir korrupsie

Loading player...
‘n Senior Eskom-tegnikus het gister in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 51-jarige Nkhetheni Percy Ramaru ‘n aandeelhouer van ‘n maatskappy wat in Augustus 2022 met Eskom sake gedoen het, sonder dat hy dit verklaar het. Ramaru is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan. Kaptein Dineo Sekgotodi, die woordvoerder van die Valke, sê die saak is tot 19 Februarie uitgestel.
13 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min