Mpumalanga polisie trek twee vermeende kinderverkragters vas

Loading player...
Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die arrestasie verwelkom van twee vermeende kinderverkragters. 'n 39-jarige pastoor het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn op aanklagte dat hy 'n 15-jarige lid van sy kerk verkrag het. 'n 52-jarige man het ook in die landdroshof in Bosbokrand verskyn vir die beweerde verkragting van sy 7-jarige kleindogter. Die woordvoerder van die Mpumalanga polisie, Kolonel Donald Mdhluli, sê beide bly in aanhouding.
12 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min