Polisie waarsku teen studieslenters

Loading player...
Die polisie waarsku die publiek teen bedrieërs wat jongmense teiken wat desperaat is om verder te studeer na skool. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, word voornemende studente deur mense genader wat hulle voordoen as goed verbind met, of werknemers van, tersiêre leerinstellings en wat hulle kan help om keuring en verblyf te verseker - teen ‘n prys. Mense is gewaarsku om kortpaaie te vermy en om navorsing te doen omdat baie van die instellings nie eens bestaan nie.
11 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min