Nog 'n Eskom-werknemer vas weens bedrog

Loading player...
‘n 40-jarige voormalige werknemer van Eskom het Vrydag in die Middelburg-streekshof verskyn vir vermeende bedrog, korrupsie en geldwassery. Thandi Ruth Magagula het tussen April 2013 en Julie 2015 as veiligheidsrisikobestuurder gewerk. Volgens die Valke was sy gedurende hierdie tydperk ook 'n direkteur van twee maatskappye wat dienste aan Eskom gelewer het, en sy het versuim om die botsing van belange te verklaar. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het dit die kragverskaffer nagenoeg 58-duisend-Rand gekos. Die saak is tot 26 Maart uitgestel.
11 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min