Twee met seinblokkeerders moontlik deel van diefstal-sindikaat

Loading player...
Twee verdagtes wat moontlik deel is van ‘n voertuigdiefstal-sindikaat is in Witbank in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hulle glo in besit van seinblokkeerders, wat ingespan word om voertuie te steel. Mdhluli sê die deurbraak was te wyte aan ‘n multidissiplinêre span. Beide verdagtes, wat afsonderlik aangekeer is, was in besit van vuurwapens wat ballistiese toetse sal ondergaan om te bepaal of hulle in ander misdade gebruik is.
8 Feb 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min