Durban Haweowerheid keer vyf in Mpumalanga aan weens onwettige wapens

Loading player...
Vyf verdagtes het gister vlugtig in die Komatipoort-landdroshof verskyn weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle Dinsdagaand deur lede van die Durban-haweowerheid wat in Mpumalanga ontplooi is, gearresteer. Hulle is in 'n Land Cruiser voorgekeer by die Mananga/Coopersdal-afdraai buite Komatipoort. Die vier wapens was agter die sitplekke versteek. Mzwandile Dlamini, Sanele Sambo, Colleen Nkuna, Elliot Mphika en Musa Bhembe kan Vrydag vir borgtog aansoek doen.
7 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min