Vermiste narkotiseur vermoor gevind in Mbombela

Loading player...
# Die narkotiseur wat gisteroggend in Mbombela as vermis aangegee is, is gistermiddag dood gevind in 'n woonstel in die stad. Dokter Nicholas Procter is na vermoede vermoor. Hy is as vermis aangemeld toe hy nie vir werk opgedaag het nie. Sy voertuig is by die Elawini-brug opgespoor en die omgewing is deursoek. Die soektog is later verskuif na ander areas. Volgens die polisie was sy hande en voete vasgebind toe hy gevind is. 'n Polisiewoordvoerder, Kaptein Magonseni Nkosi, sê hulle verwag om binnekort 'n arrestasie te maak.
2 Feb 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min