Valke soek bestuurder wat restaurant in Krugerwildtuin glo besteel

Loading player...
Die Valke vra die publiek om hulle te help om 'n verdagte op te spoor wat gesoek word in verband met beweerde bedrog en diefstal wat in Julie 2022 by 'n restaurant in die Krugerwildtuin plaasgevind het. Amos Tineyi Kampinya, 44 jaar oud, is 'n Zimbabwiese burger. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga het hy by die Mugg & Bean as 'n bestuurder gewerk. Hy het na bewering maatskappyfondse ten bedrae van amper 900-duisend-Rand gesteel. Hy het daarna verdwyn.
31 Jan 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min