Verdagte aangekeer weens skietdood van vroulike mybestuurder

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het ‘n verdagte aangekeer in verband met die moord Donderdagoggend op ‘n 27-jarige vroulike mynbestuurder in Carolina. Luidens berigte was Zanele Zwane op pad werk toe, toe sy in haar voertuig geskiet is. Sy was in die bestuurdersitplek van haar wit Toyota-bakkie wat geluier het met koeëlwonde aan haar bolyf. Die 38-jarige man is Saterdag gearresteer en sal vandag in die Carolina-landdroshof verskyn. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die motief is steeds onbekend.
29 Jan 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min