Lig in tonnel met nuwe waterplan vir Govan Mbeki

Loading player...
Die DA het die onderneming van die burgemeester in Govan Mbeki-munisipaliteit verwelkom om die party se oplossing vir die waterkrisis te implementeer. Hele gemeenskappe, skole en selfs Bethal-hospitaal sukkel al geruime tyd met watertoevoerprobleme. Die DA-raadslid, Teboho Sekaledi, sê hul voorstel is dat grondwater gebruik word en behoorlike infrastruktuur ontwikkel word vir groter onafhanklikheid van Rand Water is goed ontvang. Hy sê die burgemeester, Nhlakanipho Zuma, prioritiseer daarmee die behoeftes van die gemeenskap bo kleinlike partypolitiek.
25 Jan 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min