Vermeemde moordenaar gevind waar hy hang van 'n boom

Loading player...
Die polisie in Secunda vermoed dat die liggaam van 'n man wat die naweek in Secunda ontdek is, dié is van 'n verdagte in 'n moordsaak. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê dat die ontbindende liggaam van die 42-jarige man na vermoede die is van 'n verdagte waarna die polisie op soek was in verband met die moord op 'n vrou in die area. Die 39-jarige Busisiwe Nkabele is op 2 Jan doodgesteek, na bewering deur haar vriend. Die man se liggaam is Saterdag, hangende van 'n boom in 'n oop veld naby ‘n winkelsentrum in Secunda, ontdek. Hy is tentatief geïdentifiseer deur persoonlike items wat aan sy persoon gevind is.
24 Jan 2024 1PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min