Vermeende ontvoerders vandag weer in die Vaalbank-hof

Loading player...
Twee buitelandse burgers verskyn vandag weer in die Vaalbank-landdroshof op aanklagte van roof en ontvoering. Volgens die Valke in Mpumalanga het die 24-jarige Knowledge Komichi en die 26-jarige Chrispin Taona reeds verskeie kere verskyn sedert hul arrestasie vir die ontvoering van 'n winkelier en roof van 'n winkel op 14 Januarie. Die span ondersoekers kon die slagoffer in Hammanskraal red. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi:
24 Jan 2024 1PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min