Stroper wat twee renosters onthoring moet 16 jaar sit

Loading player...
Die polisiekommissaris van Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die vonnis van 16 jaar wat Vrydag deur die Skukuza-streekhof aan 'n renosterstroper opgelê is, verwelkom. Million Masilane het in Maart 2020 saam met sy maker, Lot Baloyi, die Krugerwildtuin by Pretoriuskop-seksie binnegegaan met 'n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het twee witrenosters gestroop en hul horings verwyder. Beide is borgtog toegestaan, maar het versuim om verdere hofverrigtinge by te woon. Masilane is in Oktober in Calcutta hergearresteer. Die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli:
24 Jan 2024 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min