Man in hof weens groot aantal vuurwapens

Loading player...
‘n 67-jarige man is gistermiddag gearresteer na 106 vuurwapens met 1-duisend-704 rondes ammunisie in sy besit gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle ‘n wenk ontvang oor ‘n groot aantal vuurwapens wat by die man se huis in Elukwatini gehou word. Die vonds sluit in jaggewere, haelgewere en pistole en dit was onder meer onder ‘n bed en in ‘n kas gebere. Die man is glo betrokke by ‘n sekuriteitsmaatskappy, maar verskeie van die vuurwapenlisensies het verval. Hy verskyn vandag in die Chief Albert Luthuli-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
18 Jan 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min