Lisensiebeamptes wat glo omkoopgeld vra in Mkhuhlu is op borgtog vrygelaat

Loading player...
Twee beamptes by die Bestuurderslisensie-toetssentrum in Mkhuhlu is vandag borgtog van 15-duisend-Rand elk toegestaan na hul hofverskyning op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke het Clifford Ngobeni en Manoko Mashaba omkoopgeld gevra om kandidate te help om hul leerlinglisensie-toetse te slaag. Na ‘n vrou die beamptes by die Valke aangegee het, het hulle Maandag toegeslaan toe sy die betaling maak. Ander het ook omkoopgeld betaal en 9-duisend-600-Rand is by die verdagtes gekonfiskeer. Die saak is uitgestel tot 26 Februarie vir verdere ondersoek.
16 Jan 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min