Polisiespeurder skiet glo vrou, skoonma dood

Loading player...
‘n 32-jarige polisiespeurder verskyn vandag in die Carolina-landdroshof op aanklagte van moord na hy Sondagmiddag glo sy vrou sowel as haar ma doodgeskiet het en haar stiefpa gewond het. Hy het glo sy lewensmaat gebel om hom te help toe hy probleme met sy voertuig ondervind het. Toe die gesin, insluitende haar drie kinders, daar aankom, het die konstabel na bewering op hulle begin vuur. Hy het daarna met die kinders weggejaag, en die voertuig het omgeslaan. Een van die kinders het geringe beserings opgedoen. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli:
16 Jan 2024 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min