E-leer proefprogram by agt skole geloods vir 2024

Loading player...
Alle leerders by Driekopies Sekondêre Skool in Nkomazi-munisipaliteit ontvang more tablette wat ten volle toegerus is met opvoedkundige aanvullende materiaal. Dit is deel van die volskaalse Ubuhlebuzile e-leer proefprogram wat die LUR, Bonakele Majuba, tydens die staat van gereedheid-perskonferensie aangekondig het voor die aanvang van die 2024 akademiese jaar. Driekopies is een van agt sekondêre skole wat in elke distrik gekies is om die volle implementering van die e-leerprogram te loods. Die tablette is deur Statistieke Suid-Afrika geskenk. Die woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo:
15 Jan 2024 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min