Man vas weens gekaapte Polo

Loading player...
‘n Man het Vrydag in die Belfast-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n voertuig wat na vermoede gekaap is. Themba Dan Senama, 50 jaar oud, is Woensdag deur lede van die Middelburg-blitspatrollie gearresteer. Volgens die polisie was hulle op roetine-patrollie toe hulle die wit Volkswagen Polo, wat ure tevore as gekaap aangemeld is in Mamelodi, Gauteng, op die N4 buite Belfast opgemerk en voorgekeer het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle vermoed die beskuldigde kon saam met ander gewerk het nog klagtes teen hom sowel as addisionele arrestasies kan verwag word. Die saak is uitgestel tot volgende Maandag. Hy bly in aanhouding.
15 Jan 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min