Mannejag geloods na polisiebeampte in KaNyamazane doodgeskiet is

Loading player...
Die polisie het 'n mannejag geloods na 'n polisiebeampte Saterdag in KaNyamazane doodgeskiet is. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 44-jarige kaptein die aand van diens af toe hy sy private voertuig na 'n karwassery geneem het. Die verdagte het na bewering teen sy voertuig gebots en hoewel hulle 'n ooreenkoms bereik het vir betaling, het 'n argument ontstaan. Na die kaptein geskiet is, het een van sy kollegas op die verdagte gevuur en 'n skietery het ontstaan. Die verdagte het te voet gevlug.
15 Jan 2024 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min