Twee wat glo Valke-hoof besteel vandag terug in hof

Loading player...
Twee mans wat aangekla word van die besit van gesteelde goedere verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag gearresteer na ‘n inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, general-majoor Nico Gerber, in Desember. Volgens Sekgotodi is al die gesteelde items in Skhumbuzo Khathi en Phumlani Nkosi se besit gevind, sowel as items wat met ander huisbrake verbind word. Nog klagtes kan teen die verdagtes gevoeg word.
11 Jan 2024 10PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min