Vermeende inbreker terug in hof na ontsnapping uit hospitaal

Loading player...
'n 35-jarige voortvlugtige is Sondag heraangekeer na hy op 16 Desember uit die Carolina-hospitaal ontsnap het terwyl hy onder polisiebewaking was. Michael Madonsela is op 15 Desember deur polisie gearresteer na hulle hom van groepsgeweld moes red toe hy glo by ‘n huisbraak betrokke was. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, word sy ontsnapping krimineel en departementeel ondersoek. Madonsela het Dinsdag in die Carolina-landdroshof verskyn op ‘n klag van huisbraak. Die saak is tot 17 Januarie uitgestel.
11 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min