Vier vas na diefstal van polisievuurwapen

Loading player...
'n Polisiebeampte sal binnekort in die hof verskyn na hy saam met 'n taverne-eienaar gearresteer is vir die beweerde diefstal van ‘n polisievuurwapen. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 9-millimeter-pistool tussen 16 en 17 Desember by die Gemeenskaps-polisie-dienssentrum in Morgenzon verdwyn en het die polisiesersant dit glo aan die taverne-eienaar verkoop. Tydens 'n soektog Vrydag is verskeie vuurwapens in die verdagtes se besit gevind, waaronder 'n haelgeweer, nog 'n pistool sowel as ammunisie vir 'n R5-geweer. In totaal is vier verdagtes in hegtenis geneem.
1 Jan 2024 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min