Twee mans gesoek na hulle meegesleur is deur riviere

Loading player...
‘n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig meegesleur is. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor 'n laagwaterbrug probeer ry het. Hy is deur polisieduikers en die weermag gered. Intussen word twee ander mans vermis nadat hulle ook meegesleur is. Een het dieselfde brug probeer oorsteek en die ander het glo in Kanyamazane in ‘n stroom ingehardloop ná 'n beweerde rusie by sy huis.
31 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min