LUR doen beroep op padgebruikers om verantwoordelik te bestuur

Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op alle padgebruikers om gedurende hierdie feestyd verantwoordelik op die paaie te wees. Dit volg na verskeie botsings Saterdagoggend 13 lewens geëis het. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, vra dat motoriste dit vermy om die spoedgrens te oorskry en moedig hulle aan om te verseker dat hul voertuie padwaardig is. Bestuurders moet ook gereeld rus wanneer hulle lang afstande aflê.
27 Dec 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min