Vermeende baasbrein-kapers in aanhouding

Loading player...
Die Polisie in Mpumalanga het 'n deurbraak gemaak deur twee vermeende baasbreine agter 'n vlaag vragmotorkapings en rooftogte in die Calcutta-area in hegtenis te neem. Keabeletswe Mohlala (20) en Thulani Ngutshane (26) het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, staar hulle sewe aanklagte van gewapende roof in die gesig wat verband hou met die kaping van vragmotors op die R40 in November en Desember. Die saak is tot 27 Desember uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek. Hulle bly in aanhouding.
22 Dec 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min