Gru-ongeluk toe voertuig en gepantserde voertuig bots

Loading player...
Vyf mense het gistermiddag ‘n gru-ongeluk op die Kanyamazane-pad oorleef na ‘n ligte motorvoertuig in ‘n trompop botsing met ‘n gepantserde voertuig betrokke was. Die bestuurder van die Polo moes uit die wrak van sy kar gesny word, terwyl sy passasier uitgeslinger is. Daar was drie insittendes in die gepantserde voertuig. Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, is almal op die toneel gestabiliseer en hospitaal toe geneem.
19 Dec 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min