Amptenare in hof oor omkoopgeld vir sertifikaatdiploma wat vrou toekom

Loading player...
‘n Amptenaar van die Departement van Hoër Onderwys het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy Maandag in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van korrupsie. Lufuno Ashley Rambani is glo deur sy vriend, ‘n immigrasiebeampte Doktor Frank Machavha, genader om ‘n vrou te help om haar diploma sertifikaat te bekom na sy sonder sukses daarvoor aansoek gedoen het. Machavha het egter 3-duisend-500-Rand gevra vir die guns. Hy het het die diploma oorhandig om geld te ontvang toe hy in hegtenis geneem is. Beide is borgtog van 5-duisend-Rand toegestaan. Die saak is tot 19 Januarie uitgestel.
13 Dec 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min