Long Tom-pas busongeluk eis sewe

Loading player...
Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in 'n busongeluk toe ‘n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind. Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring. Drie mense is kritiek beseer en per helikopter na mediese fasiliteite geneem vir behandeling. Die woordvoerder van die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
8 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min