Munisipale assistant-bestuurder aangekla van korrupsie in Witbank

Loading player...
‘n Assistent Finasiële Bestuurder by Emalahleni-munisipaliteit het gister in die Witbank-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 64-jarige Edwin Mphikeleli Sibiya na bewering in Junie verlede jaar aan ‘n forensiese ondersoeker omkoopgeld betaal vir toegang tot ‘n verslag oor ‘n ondersoek na wanadministrasie in die munisipaliteit. Sibiya is borgtog van 5-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 13 Desember. Nog arrestasies word verwag.
8 Dec 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min