DA Mpumalanga sê beurtkrag veroorsaak geweldige werksverliese in landbou-sektor

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om saam met onafhanklike kragverskaffers te werk om beurtkrag die hoof te bied. DA-lid Bosman Grobler sê niks het gekom van beloftes oor alternatiewe energiebronne wat sy so lank gelede as haar 2019 provinsiale rede gemaak het nie. Volgens Grobler toon data van Statistieke Suid-Afrika dat 2-duisend-537 werksgeleenthede in die landbou-bedryf in die provinsie sedert 2021 verlore gegaan het.
6 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min