Verhoordatum vasgestel vir voormalige veldwagter wat glo renoster stroop in wildtuin

Loading player...
‘n Stroper moet 10 jaar tronkstraf uitdien na hy in 2017 in die Krugerwildtuin met ‘n jaggeweer, ammunisie en byl betrap is. Friday Ngoveni het Maandag in die Skukuza-hof skuldig gepleit op aanklagte van betreding van ‘n nasionale park, besit van onwettige en gevaarlike wapens en sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê verder die verhoordatum van die voormalige veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte is vasgestel vir 18 tot 22 Maart.
5 Dec 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min