Twee vas met diesel in Witbank

Loading player...
Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem toe hulle in besit van ongeveer 600 liter diesel, wat na vermoede gesteel is, gevind is in Witbank. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hulle ook in besit van ongelisensieerde vuurwapens. Dit arrestasie volg op inligting van deur die Middelburg-blitspatrollie ontvang is. Hy sê hulle kon nie bewyse lewer dat hulle die diesel gekoop het nie. Hulle sal in die Emalahleni-landdroshof verskyn.
1 Dec 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min