DA sê ANC gebruik Mkhondo-kosskool as kontantkoei

Loading player...
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC daarvan dat hy die Mkhondo-kosskool naby Piet Retief as ‘n kontantkoei gebruik. DA-lid Jane Sithole sê bouwerk het in 2018 begin en moes 18 maande neem teen ‘n beraamde koste van 200-miljoen-Rand. Dit is egter steeds nie eens halfpad klaar nie, terwyl boukoste sover tot 665-miljoen-Rand geëskaleer het. Volgens Sithole loop die projek dieselfde paadjie as ander groot projekte soos die Varsproduktemark en Parlementêre behuisingsprojek in Mbombela.
28 Nov 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min