Vier mense sterf in botsing op die N4 naby Malalane

Loading player...
Vier mense is vanoggend dood in ‘n ongeluk op die N4-tolpad naby Malalane. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die botsing om ongeveer 11-uur plaasgevind. ‘n Sedan het teen ‘n konstruksievoertuig gebots. Twee passasiers en die bestuurder is oorlede sowel as die bestuurder van die konstruksievoertuig. Een persoon is kritiek beseer. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
28 Nov 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min