Trompop botsing eis vyf lewens

Loading player...
Vyf mense is gistermiddag in 'n trompop botsing tussen twee sedans op die R35 tussen Amersfoort en Morgenzon dood. Nog twee mense is ernstig beseer en nog 'n insittende het ligte beserings opgedoen. Die oorledenes sluit een bestuurder en vier passasiers in. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, sê die LUR, Vusi Shongwe, stuur sy medelye aan die families en wens diegene wat beseer is 'n spoedige herstel toe.
21 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min