Polisie pleit vir kalmte by Lebombo

Loading player...
Die Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na vragmotorbestuurders en lede van die Lebombo taxi-vereniging Vrydag en Saterdag koppe gestamp het in Komatipoort. Ingange is versper en die Lebombo-grenspos is tydelik gesluit na ‘n vragmotorbestuurder in sy been geskiet is en twee voertuie van die taxi-vereniging sowel as twee vragmotors aan die brand gesteek is. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê vragmotorbetstuurders is ontvrede dat dit dae neem om die grens na Mosambiek oor te steek.
20 Nov 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min