Gemoedere kook oor by Lebombo

Loading player...
Ingange na Komatipoort word afgesper deur vragmotorbestuurders wat eis dat die stelsel by Lebombo meer doeltreffend gemaak word, omdat hulle dae lank wag om die grens na Mosambiek oor te steek. Die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga bevestig dat twee voertuie wat aan die Lebombo Taxi-vereniging behoort aan die brand gesteek is. Lede van die vereniging patrolleer glo die vragmotors op die N4. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sal die toneel vanmiddag besoek. Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, raai motoriste aan om die area vir die res van die dag te vermy.
17 Nov 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min