TRAC N4-tydren vanaf môre in Dullstroom

Loading player...
Die TRAC N4-tydren vind die naweek weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die vierde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind. Dit is die finale been van die nasionale tydren-kampioenskap. Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die opbrengste ondersteun verskeie plaaslike organisasies met die Dullstroom Epilepsie-sentrum wat die hoof begunstigde is.
16 Nov 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min