Forensiese ondersoek na Schoemansdal-stadion geloods

Loading player...
# Die DA in Mpumalanga het 'n forensiese ondersoek na die konstruksie van die Schoemansdal-sportstadion in Nkomazi verwelkom. Volgens DA-lid Trudie Grove-Morgan volg dit op skriftelike vrae wat die party aan die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gerig het. Volgens die LUR ontken Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, wat verantwoordelik daarvoor was, enige kennis aangesien die amptenare wat 20 jaar gelede daarmee gewerk nie, nie meer daar is nie. Nkomazi-munisipaliteit sal nou verantwoordelikheid vir die afhandeling van die projek oorneem.
3 Nov 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min