Vrou wat glo polisieman-vriend in Pienaar vermoor verskyn vandag weer in die hof

Loading player...
Die vermeende moordenaar van ‘n polisiebeampte verskyn vandag weer in die Hooggeregshof in Mbombela. Die 28-jarige Zanele Mkhonto word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Sersant Mandlenkosi Happy Thwala, in Augustus verlede jaar in Pienaar vermoor het. Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Mkhonto is kort daarna aangekeer. Sy is borgtog geweier. Volgens die Valke in Mpumalanga sal sy na verwagting vandag skuldig pleit.
2 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min